SICILIЁ. – ’n Duiker, wat deel was van ’n voorlopige operasie om Mike Lynch se seiljag uit die see te herwin, is Vrydag dood.
Lees ook: Duikers kry videokamerastelsel op Mike Lynch se gesinkte seiljag
Die oorsaak van die duiker se dood is onbekend, maar hy is oorlede terwyl hy in Porticello onderwater was. Plaaslike media het beweer die man is deur ’n stuk van die seiljag wat losgekom het, getref. Daar is ook bewerings dat ’n onderwater ontploffing gehoor is voor hy dood gevind is. Die polisie het gesê dit gaan die man se dood ondersoek.
Die oorledene en ’n span was besig was om die Bayesian-seiljag te probeer herwin wat in Augustus gesink het. Sewe van die mense wat op die seiljag was, insluitend Mike Lynch en sy dogter Hannah, is oorlede toe die seiljag tydens ’n storm gesink het.
Dit is nog onbekend wat veroorsaak het dat die seiljag gesink het. Kenners het gesê die seiljag sou die storm kon weerstaan en moes nie so vinnig gesink het soos wat dit het nie.
Lynch en 22 ander mense was op die seiljag om sy vryspraak in ’n bedrogsaak te vier.
Bronne: BBC, CNN, The Mirror
Lees ook: Duikers kry videokamerastelsel op Mike Lynch se gesinkte seiljag





