Duikers kry videokamerastelsel op Mike Lynch se gesinkte seiljag

Lees ook :

Duikers kry kamerastelsel op Mike Lynch se gesinkte seiljag
Duikers kry kamerastelsel op Mike Lynch se gesinkte seiljag fotokrediet: Canva

Lees ook: Nadoodse ondersoek wys slagoffers van gesinkte seiljag het versmoor

ITALIЁ. – Duikers van die Italiaanse vloot het video-opneemtoerusting, insluitend rekenaars en hardeskywe, op Mike Lynch se gesinkte seiljag gevind wat lig kan werp op hoekom die seiljag gesink het.

Mike Lynch, sy dogter Hannah, en vier ander persone se liggame is op die Bayesian-seiljag gevind na dit verlede maand gesink het.

‘n Saak van manslag word ondersoek. Duikers is na die wrak gestuur om bewyse te kry. Die kamerastelsel kan wys of ‘n deur op die seiljag oopgelos is, wat kon veroorsaak het dat dit sink.

Die seiljag se kaptein, James Cutfield, is een van die bemanningslede wat vir manslag ondersoek word.

Bronne: The Mirror, The Independent, The Telegraph

Lees ook: Nadoodse ondersoek wys slagoffers van gesinkte seiljag het versmoor

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief