Brekende Nuus
Afrikaans

Duiker wat onder water verdwyn in Marokko in Portugal gevind

Duiker wat onderwater verdwyn in Marokko gevind in Portugal

fotokrediet: X
Duiker wat onderwater verdwyn in Marokko gevind in Portugal fotokrediet: X

INTERNASIONAAL. – ’n Jong duiker (23) wat op 20 Augustus tydens ’n duikuitstappie met vriende in Fnideq, Marokko, deur die gety weggevoer is, is twee dae later in Portugal gevind.

Lees ook: Duiker breek rekord nadat hy vir 29 minute asem ophou

Die duiker is deur die gety onder die water ingetrek en toe hy weer opkom, kon hy nie meer sy vriende sien nie. Hy het vir twee dae sowat 96 myl ver gedryf van Marokko af en is toe deur die bemanning van ’n boot in Portugal gesien.

Die bemanning het ’n helikopter en reddingspan ingespan en die duiker is gered. Hy het tekens van hipotermie en dehidrasie getoon, maar is in ’n stabiele toestand.

Bronne: Metro, The Sun, The Daily Star

Lees ook: Duiker breek rekord nadat hy vir 29 minute asem ophou