Duikweg in Hullstraat onder water

Lees ook :

KIMBERLEY- Die duikweg in Hullstraat is weer onder water.

Hayley Jacobs, wat in daardie gebied werk, sê: ‘’As dit reën, dam die water op in die duikweg en dit word nie verwyder nie.’’ Volgens Hayley is die pomp wat gewoonlik die water dreineer ongelukkig gesteel en nou word die area net afgebaken sodat niemand deur die duikweg sal ry nie.

“Daar was alreeds twee vorige insidente waar mense met hul karre deur die duikweg gery het en vasgesit het. Die polisie moes kom hand bysit om die mense te help.’’

Hayley sê dit affekteer die mense geweldig omdat hulle elke keer as hulle by die duikweg kom, net daar moet omdraai en ander roetes na hulle bestemmings moet neem.

FiND iT het navraag by Sello Matsie, woordvoerder van Sol Plaatje-munisipaliteit gedoen en wag steeds vir terugvoer.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief