DUITSLAND. – ’n Duitse dokter is aangekla van die moord op 15 van sy pasiënte deur middel van gemengde medikasie.
Lees ook: Voormalige Franse chirurg aangekla van 299 kinders se verkragting
Die dokter het glo 12 vrouens en drie mans tussen September 2021 en Julie 2024 doodgemaak deur ’n spierverslapper-en-narkose-mengsel aan hulle te gee sonder toestemming of hulle kennis. Aanklaers het gesê die dodetal kan moontlik styg en die liggame van sy pasiënte sal opgegrawe word om te bepaal waaraan hulle oorlede is.
Die dokter het glo ook sy pasiënte se woonstelle op vyf verskillende tye aan die brand gesteek om die moorde weg te steek. Die ouderdomme van die pasiënte was tussen 25 en 94 jaar.
Bronne: BBC, CBS News, DW
Lees ook: Voormalige Franse chirurg aangekla van 299 kinders se verkragting





