Duitse herdershonde op plaas doodgeskiet – inligting gevra

Lees ook :

Foto: Mike Bolhuis

WESKAAP. – Vier Duitse herdershonde is op 5 Augustus op ’n plaas in die omgewing van Miggievlak in Vredenburg dood aangetref nadat hulle geskiet is. Enigiemand met inligting hieroor word gevra om na vore te kom.

Mike Bolhuis van Specialised Security Services sê volgens beskikbare inligting is die hek glo doelbewus deur iemand oopgemaak voordat die honde doodgeskiet is.

Enigiemand met relevante inligting oor die voorval of wat in die omgewing van Theefonteinstraat, Miggievlak, woon en beskik oor kameras se beeldmateriaal, word versoek om dit aan die owerhede beskikbaar te maak.

Gaylen Coraizen het op Instagram gesê hulle het inligting van die honde wat met ‘n voertuig na die plaas weggery is. Daar is in die plasing gevra vir enigiemand wat inligting het, om na vore te kom.

“Shot and killed 4x German Shepherds on 05 August 2025 at 14:00 on farm VREDENBURG to Velddrif direction. We suspect foul play and need any information the Vredenburg community can share. Our dogs gone missing in Theefontein Street VREDENBURG, Miggievlak at round about 13:00 and was shot and killed at 14:00 on a farm 5 kms from VREDENBURG. We received a message the dogs were transported on a double cab blue Ford bakkie out of VREDENBURG. Asking for people to share any information, camera footage.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief