Brekende Nuus
Afrikaans

Meer as 100 leerlinge in Oos-Kaap vir moontlike voedselvergiftiging behandel

Verskeie leerlinge vir moontlike voedselvergiftiging behandel in Oos-Kaap

fotokrediet: Canva
Verskeie leerlinge vir moontlike voedselvergiftiging behandel in Oos-Kaap fotokrediet: Canva

Sowat 131 leerlinge van die Gobizizwe-landbouskool in Mthatha in die Oos-Kaap is Woensdag en Donderdag hospitaal toe geneem vir behandeling nadat hulle moontlik voedselvergiftiging by die skool opgedoen het.

Lees ook: Brandstofprys daal moontlik in September

Volgens die woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, Siyanda Manana, het paramedici die leerlinge by die skool begin behandel, waarna hulle na die Nelson Mandela- akademiese hospitaal, Mthatha-streekshospitaal en Ngangelizwe-gemeenskapsgesondheidsentrum geneem is.

Hy het gesê daar was ambulanse en helikopters om die leerlinge by te staan. Volgens IOL het sommige leerlinge ’n binne-aarse drup ontvang.

Die is onbekend wat die voedselvergiftiging kon veroorsaak het, maar Manana het gesê die oorsaak is moontlik geblikte vis en rys wat aan die kinders vir middagete voorsien is.

Bronne: The Citizen, IOL, Jacaranda FM

Lees ook: Brandstofprys daal moontlik in September