AACHEN, DUITSLAND. – ‘n Duitse man (61) is tot agt jaar en ses maande tronkstraf gevonnis nadat hy sy vrou vir jare bedwelm en verkrag het. Hy het die verkragting afgeneem en die beeldmateriaal op die internet geplaas.
Lees ook: 50 mans skuldig aan verkragting van Gisèle Pelicot
Die man, slegs bekend as Fernando P, oorspronklik van Spanje, is skuldig bevind aan verkragting, liggaamlike skade en oortreding van persoonlike privaatheid.
Hy het sy vrou vanaf 2018 tot 2024 in hulle huis bedwelm en verkrag terwyl hy dit afgeneem het en later op die internet gedeel het.
Die grootste deel van die verhoor het agter toe deure plaasgevind om die identiteit van sy vrou te beskerm.
Bronne: BBC, NBC News, Daily Mail
Lees ook: 50 mans skuldig aan verkragting van Gisèle Pelicot





