Dwelmbesending van R50 m. onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

VRYSTAAT. – Tydens ‘n interprovinsiale misdaadvoorkomingsoperasie is ‘n groot deurbraak gemaak toe ‘n besending crystal meth van 313.5 kg met ‘n geskatte straatwaarde van R50 m. onderskep is.

Kapt. Loraine Earle sê polisielede van die Vrystaat, Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap het die sukses met ‘n operasie binne 24 uur sedert dit geloods is, behaal. Omstreeks 10:30 op 25 Maart het Aliwal Noord-speurders en misdaadintelligensie inligting van ‘n vragmotor, vermoedelik met dwelms, onderweg van Smithfield na Aliwal-Noord ontvang. Earle sê die vragmotor is op ‘n brug onderskep en die dorp in begelei om ondersoek te word. Die plaaslike kriminele rekordsentrum en honde-eenheid is ontbied. Tydens ‘n deursoeking van die vragmotor is 12 groot sakke crystal meth ontdek. Die dwelms en vragmotor is gekonfiskeer.

Die bestuurder en eienaar (35) van die vragmotor, van Gauteng, is gearresteer en sal binnekort in die Aliwal Noord-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief