GAUTENG. – ‘n Beweerde dwelmmuil (43) is Vrydag op OR Tambo Internasionale Lughawe vasgetrek. Die vrou sal op aanklagte van dwelmhandel in die hof verskyn.
Dit is die vierde vermeende dwelmmuil in twee weke wat die land binnegekom en hulle rieme styfgeloop het.
Lt.kol. Amanda van Wyk sê die verdagte het vanaf São Paulo geland, waarna sy na ‘n plaaslike hospitaal geneem is en ‘n X-straal die teenwoordigheid van vreemde voorwerpe in haar maag bevestig het.
Altesaam 33 vermeende kokaïenkapsules is uit die verdagte se liggaam vrygestel.





