NOORD-KAAP. – Meer as R2 m. se dwelms is Sondag onderweg na Upington op die N10 deur polisielede wat van diens was, onderskep.
Sers. Omphile Masegela sê lede van die hoofwegpatrollie, grenspolisie en honde-eenheid het inligting van die groot besending dwelms wat onderweg is, ontvang en ‘n operasie geloods. ‘n Hyundai Sonata is voorgekeer en deursoek. Altesaam 9 315 Mandrax-tablette van ongeveer R930 000, tik met ‘n geskatte waarde van R603 000 (2.012 kg), asook 1.32 kg kokaïen met ‘n geskatte waarde van R554 000 is glo in die voertuig versteek gevind.
Die dwelms is gekonfiskeer en ‘n man en vrou, Nigeriese burgers, 42 en 39 jaar, is op aanklag van handel in dwelmmiddels in hegtenis geneem.
Hulle sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.





