‘Dwelmsmokkelaar met R1.4 m. kokaïen om bene’ onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

GAUTENG. – ’n Beweerde dwelmsmokkelaar (39) is glo Vrydagoggend met kokaïen ter waarde van R1,4 miljoen, om sy bene gedraai, op die OR Tambo Internasionale Lughawe (ORTIA) in hegtenis geneem. Die verdagte het toe pas van São Paulo aangeland.

Volgens brig. Athlenda Mathe, nasionale polisiewoordvoerder, het die Brasiliaanse-burger omstreeks 09:00 onderweg na Benin op ORTIA geland, toe hy deur polisielede op die lughawe onderskep is. Die verdagte is eenkant geneem en aan ‘n liggaamsondersoek onderwerp, waarna die pakkies kokaïen om sy bene gevind is. Hy is in hegtenis geneem en sal op aanklag van dwelmsmokkelary in die Kempron Park-landdroshof verskyn.

Volgens Mathe is pogings is verskerp om die onwettige handel in dwelms hok te slaan. Van Januarie tot Maart vanjaar is 23 306 verdagtes vir die besit van dwelms in hegtenis geneem. Die meeste van hulle kom uit Brasilië en het dwelmmiddels ingesluk. Meer as 20 dwelmsmokkelaars is gedurende die afgelope ses maande by ORTIA-toegangspunt onderskep. Gedurende dieselfde tydperk is ‘n totaal van 3 471 verdagtes vir handel in dwelms in hegtenis geneem.

Op 7 Maart is dwelms ter waarde van R340 miljoen onder leiding van genl. Fannie Masemola, die nasionale polisiekommissaris, in die Wes-Kaap vernietig. In die afgelope drie jaar is dwelms ter waarde van R5,2 miljard vernietig.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by nuus@nuusflits.com

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief