E-coli in Allanridge-reservoir bespeur

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit het ‘n waarskuwing aan Allanridge en Nyakallong uitgereik om liefs water wat van die watervoorsiendingsisteem kom te kook, voordat dit gebruik word.

“Ons is deur die Vaal Sentrale Waterraad in kennis gestel van E. Coli-besmetting in die Allanridge-reservoir, wat drinkwater aan die inwoners van Allanridge stoor en verskaf.”

Dit hou ‘n gesondheidsrisiko in en onmiddellike maatreëls is vereis. E.coli-simptome sluit diarree, naarheid, braking, maagpyn, koors en moegheid in. Die geaffekteerde sisteem sal geïsoleer word en die reservoir toegemaak word. Drinkwater sal van ‘n ander sisteem wat Allanridge omseil, verskaf word totdat die probleem opgelos is.

Inwoners moenie net gekook en afgekoel word voordat dit gedrink word nie; water kan ook deur middel van een teelepel (5 ml) ongeparfumeerde bleikmiddel op 25 liter water ontsmet word. Na die byvoeging moet dit vir ten minste twee uur staan voor dit gebruik word. Drinkwater moet in ‘n skoon houer wat toegemaak word, gebêre sord.

Die Vaal Sentrale Waterraad sal die munisipaliteit in kennis stel wanneer die probleem opgelos is en water vir gebruik veilig verklaar is.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief