MANCHESTER, VK. – Twee EasyJet-vliegtuie het vanoggend op die aanloopbaan by die Manchester-lughawe gebots.
Lees ook: Vliegongeluk by Durban-lugskou
Die vliegtuie se vlerke het teen mekaar geraak toe hulle besig was om gereed te maak vir opstyg vir vlugte na Parys en Gibraltar.
Al die passasiers en bemanning van die vliegtuie is ontruim en geen beserings is aangemeld nie.
Volgens Manchester-lughawe sal die voorval na verwagting vlugvertragings tot gevolg hê.
EasyJet het gesê daar sal dadelik ’n ondersoek ingestel word oor die oorsaak van die botsing.
Bronne: BBC, ABC News, The Independent
Lees ook: Vliegongeluk by Durban-lugskou





