Brekende Nuus
Afrikaans

Een dood na dak by Delhi-lughawe ingee

Een dood na dak ingee by Delhi-lughawe

fotokrediet: Skermgreep
Een dood na dak ingee by Delhi-lughawe fotokrediet: Skermgreep

Lees ook: Brandstofverbruikers kry dalk verligting in Julie

DELHI, INDIЁ. – Die dak by Terminaal 1 by die Delhi-lughawe het na swaar reën ineengestort. Een persoon is dood en minstens agt is beseer na die pilare wat die dak ondersteun het op motors geval het.

Reddingspogings is aan die gang en ‘n inspeksie vind plaas om nog skade te keer.

Swaar reën is sedert Donderdag in Delhi aangemeld, wat nog oor die naweek sal aangaan.

Bronne: BBC, The Star, CNN

Lees ook: Waarskuwing vir sneeu in verskeie provinsies uitgereik