KWAZULU-NATAL. – Een persoon is vanoggend noodlottig beseer nadat twee vragmotors op die R34 in die Mpungamhlophe-area in ‘n kop-aan-kop-botsing betrokke was.
Chantell Botha van KwaZulu Private Ambulance Services sê met aankoms op die toneel was beide vragmotors in vlamme gehul.
Een persoon is dood verklaar.
Reddingsdienste is tans besig om ‘n vasgekeerde persoon, van wie die mediese toestand onbekend is, uit ‘n wrak te bevry.





