GAUTENG. – ‘n Man (55) is dood en een gewond in ‘n skietvoorval gister by die Caltex-vulstasie op die hoek van Johan le Roux- en Meyerstraat in Meyerton.
Konst. Tlaleng Moloi sê die polisie het omstreeks 11:30 ‘n aanmelding van ‘n skietvoorval ontvang.
Met aankoms op die toneel is twee mans met skietwonde in ‘n wit BMW aangetref. Die bestuurder is vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem, terwyl die passasier op die toneel dood verklaar is.
Moloi sê die polisie ondersoek die moord en poging tot moord waarvan die motief onbekend is.
Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van verdagte(s) kan lei, word versoek om die Meyerton-polisie by 016 360 4700 te bel.
Alternatiewelik kan 08600 10111 gebel word, ‘n SMS na 32211 gestuur word of van die MySAPS-toepassing gebruik gemaak word.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel





