KWAZULU-NATAL. – Die insittende van ‘n motorvoertuig het Donderdagmiddag gesterf toe dit van die pad geswenk en ‘n boom in Boshoffstraat, Pietermaritzburg, vasgery het.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê dié diens is na die toneel waar die insittende kritiek beseer en in die voertuigwrak vasgekeer was. Paramedici saam met brandweer-reddingsdienste het die insittende uit die wrak bevry. Ten spyte van gevorderde lewensondersteunende intervensies het die persoon aan beserings gesterf.
Botha sê die oorsaak van die ongeluk word deur owerhede ondersoek.
Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]





