KANADA. – Een stapper is gister dood en drie is beseer in ’n rotsstorting by Banff Nasionale Park in Kanada.
Lees ook: Nog ’n nasionale ramptoestand verklaar in Suid-Afrika
Die stappers was op ’n staproete naby die Bow Glacier-valle toe daar skielik ’n rotsstorting plaasgevind het.
Een stapper is dood en drie is in ‘n hospitaal opgeneem.
Reddingspogings is steeds aan die gang nadat getuies gesê het daar was nog groepe mense by die valle toe die rotsstorting plaasgevind het. Dit is onbekend wat die rotsstorting veroorsaak het.
Bronne: The Independent, CBC, Global News
Lees ook: Nog ’n nasionale ramptoestand verklaar in Suid-Afrika





