Lees ook: Altesaam 207 gevalle van voedselvergiftiging in Gauteng sedert Februarie aangemeld
Die nasionale rampbestuursentrum in Suid-Afrika het nog ’n nasionale ramptoestand verklaar.
Die hoof van die sentrum, dr. Bongani Elias Sithole, het ’n nasionale ramptoestand verklaar weens die sterftes as gevolg van swak veiligheidspraktyke vir voedselprodukte in die land.
Sithole het sy besluit geneem na hy die omvang en erns van die ongevalle wat deur swak veiligheidspraktyke vir voedsel veroorsaak word, assesseer het.
Verskeie mense is onlangs dood en het siek geraak oor die swak praktyke.
Daar was verlede week ook ’n nasionale ramptoestand verklaar oor die oorstromings en storms wat skade in sewe provinsies veroorsaak het.
Bronne: BusinessTech, Facebook





