GAUTENG. – Een persoon het gesterf en nog 35 insittendes van twee minibustaxi’s het vanogggend beserings opgedoen to hulle in Hoofweg naby Olifantsfontein reg van voor teen mekaar gebots het.
CERT sê hulle is omstreeks 06:20 na die insident met ‘n klomp ongevalle ontbied. Verskeie passasiers het beserings van gering tot ernstig opgedoen en is op die toneel gestabiliseer voordat hulle vir verdere mediese behandeling na verskeie hospitale vervoer is.
Vier insittendes was in een van die minibustaxi’s vasgekeer en reddingskake moes gebruik word om hulle te bevry.
Die ongeluk word deur die polisie ondersoek.
Community Emergence Response Team bedank Netcare911 , ER24 EMS (Pty) Ltd. , Gauteng Emergency Medical Services , Ekhuruleni-brandweer, Ekhuruleni-metropolisiedepartement, Emer-G-Med (Pty) Ltd , Lenmed, Funcure, Dial-a-medic, Care well, en alle ander dienste wat op die toneel ondersteuning gebied het.







