Een ‘transitorower’ doodgeskiet en een vasgetrek

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

OOS-KAAP. – ‘n Beweerde transitorower (50) is Maandag deur die Valke in hegtenis geneem, terwyl nog een deur veiligheidswagte doodgeskiet is. ‘n Veiligheidswag het ook tydens die skietery gesterf.

Adj.off. Ndiphiwe Mhlakuvana, woordvoerder vir die Valke, sê Fidelity-veiligheidsbeamptes het omstreeks 09:00 die KFC in Commercialstraat in Gqeberha binnegegaan om geld te kollekteer, waarna hulle na bewering deur gewapende verdagtes in ‘n lokval gelei is. ‘n Skietery het ontstaan, waartydens een van die verdagtes en ‘n veiligheidsbeampte noodlottig gewond is.

Mhlakuvana sê die verdagte is op aanklagte van moord en poging tot ‘n sakeroof gearresteer. Die polisie het die een verdagte op die toneel vasgetrek, wat vandag in die New Brighton-landdroshof verskyn. Ander get gevlug.

Die ondersoek duur voort en enigiemand met relevante inligting word gevra om 079 508 9756, te bel.

Geen geld of vuurwapens is tydens die insident deur verdagtes gevat nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief