Deesdae word die meeste psigiese siektes met medikasie of sielkundige behandeling gedokter. Al bring dit verligting, is psigiese siektes wêreldwyd aan die toeneem. Daarom word nie-tradisionele maniere van behandeling deesdae gewilder.
Veral die voedingswaarde van voedsel kom onder die soeklig. Volgens Healthy Eating verhoog geprosesseerde kosse en groot hoeveelhede koeldrank die risiko van depressie en dra dit weinig tot fisiese en psigiese welstand by.
Hier is ’n paar wenke om jou eet-roetine aan te pas en sodoende moontlik beter te voel:
- Vrugte en groente kan jou algemene gesondheid verbeter en daartoe lei dat jy in ’n beter bui is.
- Voeg kosse wat ryk aan Omega 3 is by jou dieet.
- Jou spysverteringstelsel beïnvloed jou emosionele gedrag. Eet dus genoeg vesel en drink genoegsame water.
- Werk aan jou stresvlakke. Stres onderdruk bakterieë wat voordelig vir spysvertering is.
- Begin ’n “eet-dagboek”. Dit sal jou help om op te let as jy oor-eet en jou perspektief op jou eetgewoontes gee.
- Vermy geprosesseerde kos soos skyfies en lekkers. Hou eerder ’n voedsame opsie soos neute of ’n gekookte eier byderhand vir wanneer die hongerpyne knaag.
- Moenie voor die televisie eet nie, want dit kan veroorsaak dat jy te veel eet.
Maak doelbewus gesonder keuses vir jou etes en let op hoe jou bui en algemene gemoedstoestand verbeter.
Bronne: Nutrition.Org, Sutterhealth, Healthy Eating





