INTERNASIONAAL. – In antwoord op Elon Musk wat glo Julius Malema tot ‘n internasionale misdadiger verklaar wil hê, sê die EFF Musk en sy bondgenote moet hel toe gaan.
In ‘n verklaring bestempel die EFF Musk se uitlating as histerie van ‘n biljoenêr-maniak wat die VSA oorgeneem het, wat dink hy kan die Oval-kantoor en die nasies van die wêreld regeer.
“Die beginsel bly dat gelykheid in Suid-Afrika gewortel is in die terugbesorging van die grond aan Afrika-mense, en dit sal bereik word deur onteiening sonder vergoeding. Boonop maak die EFF ‘n vaste verbintenis dat Elon Musk se Starlink nooit, sonder om te voldoen aan plaaslike wetgewing wat vereis dat daar 30% plaaslike eienaarskap moet wees, in Suid-Afrika sal werk nie.”
Die verklaring is gemaak nadat Elon Musk die volgende gedeel het:








