DARTMOUTH, MASSACHUSETTS. – ‘n Egpaar is gister oorlede en ‘n motoris is beseer nadat ‘n ligte vliegtuig op ‘n hoofweg neergestort het.
Lees ook: Vliegtuigongeluk naby vliegveld eis 2
Die vliegtuig het ‘n motor getref en aan die brand geraak, waarna dit op gras langs die pad beland het. Thomas Perkins (68) en sy vrou, Agatha Perkins (66), se liggame is in die vliegtuig gevind.
Die beseerde motoris, ‘n onbekende vrou, is met nie-lewensdreigende beserings na ‘n hospitaal geneem. Sy is beseer toe ‘n deel van die vliegtuig haar voertuig getref het.
Die oorsaak van die ongeluk is onbekend en word deur die Federale Lugvaartadministrasie ondersoek.
Bronne: Metro, Boston.com, Boston Herald
Lees ook: Vliegtuigongeluk naby vliegveld eis 2





