Eienaar van dagoord in Noordwes glo aangeval

Lees ook :

Foto: Skermgreep van beeldmateriaal Welkom Today

NOORDWES. – Die eienaar (53) van die Hanscombes Haven-dagoord is glo op 16 Desember deur besoekers by die oord aangerand en met ‘n mes gesteek. Die insident hou blykbaar verband met die rook van ‘n hubbly-bubbly.

‘n Video van die insident is op sosiale media versprei. Die polisie vra die verspreiding van die video moet liefs vermy word, aangesien dit die ondersoek kan belemmer.

Kol. Adéle Myburgh sê voorlopige ondersoek dui aan ‘n hubbly-bubbly is glo deur ‘n groep mense op die dagoord se perseel gerook, wat teen die reëls is. Die groep is herhaaldelik deur werknemers gewaarsku, waarna die oordeienaar se hulp ingeroep en gewelddadige gedrag na vore gekom het. Toe die eienaar die derde keer na die groep toe is, is hy aangerand en verskeie kere met ‘n mes gesteek. Hy is daarna na ‘n hospitaal gehaas en in die intensiewesorgeenheid opgeneem, waarna hy op 23 Desember ontslaan is.

Myburgh bevestig drie verdagtes het hulleself op 24 Desember aan die polisie oorgegee. Die verdagtes sal vandag op ‘n aanklag van poging tot moord in die Orkney-landdroshof verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief