Lees ook: Eiffel-toring steeds gesluit weens staking
PARYS, FRANKRYK. – Die Eiffel-toring is heropen na dit vir ses dae toe was weens ’n staking oor die finansiële onderhoud van die monument. Hulle het ook gestaak vir beter instandhouding van die monument, wat besig is om te roes.
Die besigheid wat die Eiffel-toring bestuur, het gesê dit het ’n ooreenkoms bereik met die vakbonde dat die partye die besigheidsmodel kan monitor en elke ses maande sal vergader om sake te bespreek.
Albei kante het ooreengekom om £325 m. opsy te sit om die monument te herstel. Salarisonderhandeling vind ook nou plaas.
Die maatskappy het om verskoning gevra vir die staking en het gesê mense sal hulle toegangsgeld terugkry.
Bronne: The Guardian, BBC, AP News





