GAUTENG. – Volgens ‘n verslag van die DA het altesaam 167 metropolisiebeamptes van Ekurhuleni kriminele rekords op hulle name.
Action Society sê die verslag dui aan dat 250 van die beamptes wat die wette van Suid-Afrika toepas inderdaad kriminele rekords het. Van hierdie beamptes is 83 verhoorafwagtend. Van hierdie misdade is onder meer beweerde huisinbrake, moord, bedrog by lisensiekantore en dronkbestuur.
Ian Cameron sê dit is kommerwekkend, maar nie verrassend nie. Hy sê voorts die Tshwane-metropolisiedepartement het dieselfde probleem.
Cameron beveel Suid-Afrikaners aan om die metropolisiebeamptes in Ekurhuleni en Tshwane so ver as moontlik te vermy totdat hierdie kwessie aangespreek is.
“The very people who are supposed to enforce the law in South Africa turn out to be criminals themselves.”
Bron: Action Society Ian Cameron





