Elcon-werkers soek duidelikheid oor werkstitels en bonusse

Lees ook :

Werkers van Elizabeth Conradie spesiale skool in Kimberley vir kinders met fisieke en leergestremdhede het vanoggend die skoolhek gesluit en bande gebrand uit protes vir beter werksomstandighede.

Die werkers het verskeie klagtes gerig tydens ’n informele vergadering met Nehawu. Jacob Tshabalala, woordvoerder vir die groep werkers, sê: “Net sekere werkers ontvang kontantbonusse. Ons vereis ook duidelik oor werkstitels. Van die werkers wat as skoonmakers aangestel is, word in ander posisies soos matrone aangewend, maar ontvang die salaris van ’n skoonmaker.”

Voorts sê hy: “Hier is geen prosedures vir beserings aan diens nie. Hier het ’n vrou geval en daar is geen vorms wat sy kon invul nie, maar die skool het ’n gesondheidsbeleid in plek. Verder wil ons oop en deursigtige prosedures hê vir aanstellings wat deur ’n komitee gehoor en goedgekeur moet word. Ons wil nie hê die prinsipaal moet die finale sê het oor nuwe aanstellings nie. Hier is mense wat al baie jare hier werk en hulle verdien die geleentheid om eerste vir vakante poste aansoek te doen.”

Nehawu het gevra om privaat met die werkers te vergader om hulle kwessies te bespreek.

Luidens ’n omsendbrief is die protes gestaak. Onderrig gaan normaal voort en die skool sal om 13:45 verdaag.

FiND iT hou jou op hoogte.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief