Brekende Nuus
Afrikaans

Elektrisiteitswet op 1 Januarie ingestel

Elektrisiteitswet sal op 1 Januarie ingestel word

fotokrediet: Canva
Elektrisiteitswet sal op 1 Januarie ingestel word fotokrediet: Canva

Lees ook: Sadou dreig met regsaksie oor Bela-wet

Pres. Cyril Ramaphosa het die Elektrisiteitregulasiewet geteken, maar het twee klousules uitgelaat. Die klousules wat uitgelaat is, is die “reticulation” en “distribution power systems” klousules.

Ramaphosa het gesê die elektrisiteitswet sal op 1 Januarie 2025 ingestel word. Die wet gee ’n uiteensetting van die vestiging, pligte, bevoegdhede en funksies van die Transmissiestelseloperateur SOC Bpk (TSO).

Die TSO moet binne vyf jaar as ’n onafhanklike entiteit gevestig word.

Die wet voorsien ook ’n oopmarkplatform wat mededingende groothandel- of kleinhandelkoop en -verkope van elektrisiteit moontlik maak.

Bronne: IOL, Townpress, BusinessTech

Lees ook: Sadou dreig met regsaksie oor Bela-wet