Elf beseer toe polisievoertuig rol

Lees ook :

Foto: Op lêer

SUID-KAAP. – Elf persone, van wie vier polisielede, is beseer toe die staatsvoertuig waarin hulle gery het Woensdagoggend omstreeks 08:30 naby Oubaai, in George in die Tuinroete gerol het.

Sers. Christopher Spies sê aan Nuusflits ‘n voorlopige ondersoek dui aan die polisievangwa met verdagtes agterin was onderweg na George toe dit gerol het. Die beseerdes is vir mediese behandeling na ‘n nabygeleë fasiliteit geneem.

Spies sê ‘n dossier vir roekelose en nalatige betuur is geopen en die oorsaak van die ongeluk word ondersoek.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief