GASA. – Volgens reddingswerkers en medici is elf mense gister in Gasa dood wat in ‘n ry gewag het om kos in die hande te probeer kry.
Lees ook: Iran tref Israeliese mediese sentrum in nuutste aanval
Die Hamas-bestuurde siviele verdedigingsagentskap het gesê die Israeliese weermag het geskiet op duisende mense wat in ’n ry gestaan het om vir kosvoorrade te wag.
Die Israeliese weermag het gesê dit het waarskuwingskote gevuur ná ’n groep hulle op ’n dreigende manier genader het, maar dat dit onbewus is van enige beserings wat opgedoen is.
Sowat 50 mense wat vir humanitêre hulp gewag het, is Dinsdag in Khan Younis dood toe daar op hulle geskiet is. Die Israeliese weermag het gesê hulle lede was in die gebied en die voorval word ondersoek.
Bronne: BBC, CNN, The Times of Israel
Lees ook: Iran tref Israeliese mediese sentrum in nuutste aanval





