Iran tref Israeliese mediese sentrum in nuutste aanval

Lees ook :

Iran tref Israeliese mediese sentrum in nuutste aanval fotokrediet: X

ISRAEL. – Die Iranse weermag het vanoggend die Soroka-mediese sentrum in Beersheba in ’n lugaanval getref.

Lees ook: Iran waarsku Israel oor nog ‘massiewe aanvalle’ 

’n Woordvoerder vir die hospitaal het gesê verskillende dele van die hospitaal is “erg beskadig” en dat mense in die aanval gewond is. Die hospitaal het versoek dat mense nie daarheen gaan vir behandeling nie. Israel se gesondheidsminister, Uriel Bosso, het die aanval ’n “daad van terrorisme” en “die oorsteek van ’n rooi lyn” genoem.

Iran se aanvalle het gevolg nadat Israel die Arak-swaarwateraanleg in Iran aangeval het. Israel het vanoggend vroeg gewaarsku dit gaan die aanleg aanval en het mense aangemoedig om te vlug. Die swaarwater help om kernaanlegte koel te hou, maar vervaardig plutonium wat in die vervaardiging van kernwapens gebruik kan word.

Bronne: CBS News, The Telegraph, Euronews

Lees ook: Iran waarsku Israel oor nog ‘massiewe aanvalle’

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief