KWAZULU-NATAL. – ‘n Hond wat Donderdag op ‘n dak in Dawncrest vasgekeer was, is deur reaksiebeamptes van die dak gered.
Reaction Unit South Arica sê hulle is ongeveer 13:40 vir hulp gevra oor ‘n troeteldier wat op die bure se dak vasgekeer was. Die hond het blykbaar apies gejaag en in ‘n penarie beland.
Met aankoms het Sibusiso Makhanya, ‘n reaksiebeampte, op die dak geklim en die hond van die dak afgehaal.
Die hond is met sy eienaars in Mynastraat herenig.







