Brekende Nuus
Nuus

Bejaarde egpaar glo gemartel tydens plaasaanval in Broederstroom

Foto: Warren Geddes

NOORDWES. – Les Brett en sy vrou, Natasha, is Sondagaand gemartel en ernstig aangerand tydens ’n plaasaanval in die Broederstroom-gebied. Die aanvallers wou glo die egpaar dwing om hul vuurwapens te oorhandig. Volgens ‘n vriend is die egpaar aangerand, met kookwater gebrand en is daar gedreig om die vroulike slagoffer verder aan te rand en te verkrag. 

Sers. Kelebogile Morake, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die verdagtes het na bewering deur ’n ongesluite houtskuifdeur toegang tot die huis verkry. Hulle het glo geld geëis en beweer dat hulle weet een van die inwoners bedryf ’n kiosk by ’n nabygeleë oord. Die verdagtes het daarna toegang tot ’n kluis verkry en sewe vuurwapens van verskillende kalibers, wat almal glo in die man se naam gelisensieer is, asook ammunisie, gesteel. 

Les Brett is bekend vir sy werk op die gebied van teenstroping. Hy het geringe beserings opgedoen en volgens die polisie later mediese hulp ontvang. Daar word beweer dat die aanvallers hom met warm water gedreig en daarmee probeer dwing het om inligting te gee.

Enigiemand met inligting wat die ondersoek kan help, kan AO Gregory Kwadi van Hartbeespoortdam se speurtak by 082 373 9636 bel.

Volgens die Strategic Response Rescue Unit (SRU) is hulle ontbied en was binne vier minute op die toneel. Hommeltuie is gebruik om die gebied te deursoek, maar geen verdagtes is opgespoor nie. Die SRU sê mediese hulp is vir die egpaar gereël. Lede het saam met die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en Hartbeespoort Emergency Medical Services (HEMS) bystand verleen.

Die veiligheidsorganisasie waarsku dat gesteelde vuurwapens uit sulke aanvalle moontlik later in ander misdade gebruik kan word. Dit het ook ’n beroep op landelike inwoners gedoen om verdagte aktiwiteite aan te meld, nie self ondersoek in te stel of verdagtes te probeer konfronteer nie, en hul alarm- en noodstelsels in werking te hou.

Warren Geddes, ‘n familievriend, sê in ‘n sosialemediaplasing die egpaar is deur drie aanvallers oorval en ure lank aangerand en gemartel nadat hulle geëis het dat Les die kluissleutels oorhandig. Geddes sê Les is bekend as die “Rhino Whisperer” vanweë sy natuurbewaringswerk en dat die aanval op die bejaarde egpaar hom woedend en diep hartseer laat.

“So with a sore heart and angry beyond words, the farm attack in Broederstroom last night was my close friend Les Brett and his wife Natasha. They were attacked around 7 30 p.m. by 3 BM and tortured for hours before they got away. They were beaten, burned with boiling water, when Les wouldn’t give them the keys to the safe they took bolt cutters to cut her nipples off and rape her. Thank god they stopped when he gave them the keys. Les is known as the Rhino whisperer and is well known in international circles in his wild life conservation. This attack on our old people is despicable beyond words. I’m not holding my breath for the saps to do anything because mostly they don’t care. I hope they rot in hell. For all you people out there that is denying this is happening to our farmers well **** you, your day will come…”

Bronne: SAPD, Strategic Response Rescue Unit, Warren Geddes