Die sanger Elvis Blue gaan vanaf 1 Junie manalleen die pad vanaf George na Nelspruit per fiets aandurf.
Hy het dit Donderdagmiddag tydens ’n lewendige uitsending op sy Facebook-blad bekendgemaak.
Volgens hom gaan hy die 1 500 km aanpak om geld vir onder andere kinders se skoolfooie in te samel. “Ek weet nie van jou nie, maar ek weier om te leef in ’n wêreld waar kinders met leë magies moet skool toe gaan en iets probeer leer.” Hy sê hy weier om rond te sit met die wete dat daar kinders is wat nie potlode, boeke en skoene het om mee skool te gaan nie.”
Mense word aangemoedig om donasies te gee indien hulle tot die liefdadigheidsprojek wil bydra. Dit is in samewerking met Atterbury Trust. Die rit gaan sowat veertien dae duur.
“Daar is so baie geraas en behoefte en hopeloosheid rondom ons, soms raak ons afgestomp daarvoor.” Vir hom is dit erg om te dink daar is slimkoppe, sportmanne en musiekmaestro’s wat nooit bo hulle omstandighede kan uitstyg nie. Dit is juis wat hy wil aanspreek.
Sy beplanning lyk as volg:
DAG 1:
George – Uniondale – 111.4 km
DAG 2
Uniondale – Oppivlak – 103.5 km
DAG 3
Oppivlak – Graaff-Reinet – 129.4 km
DAG 4
Graaff-Reinet – Middelburg – 140 km
DAG 5
Middelburg – Venterstad – 133.4 km
DAG 6
Venterstad – Smithfield – 112.3 km
DAG 7
Smithfield – Hobhouse – 104.5 km
DAG 8
Hobhouse – Ficksburg – 124.9 km
DAG 9
Ficksburg – Bethlehem – 94.9 km
DAG 10
Bethlehem – Vrede – 149.9 km
DAG 11
Vrede – Morgenzon – 103.2 km
DAG 12
Morgenzon – Badplaas – 138.7 km
DAG 13
Badplaas – Nelspruit – 99.4 km
Kliek hier indien jy ’n donasie wil maak.
Bronne: Elvis Blue Facebook-blad, Atterbury Trust