Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die wetsontwerp wat die BTW-verhoging sal omkeer in die Staatskoerant laat plaas.
Lees ook: Politieke partye ongelukkig, sê DA neem alleen krediet vir skrap van BTW-verhoging
Die Wetsontwerp op Belastingkoerse, Bedrae en die Wysiging van Inkomstewette van 2025 is gister (Donderdag) in die Staatskoerant gepubliseer.
Die Parlement het die wetsontwerp na die finansiële komitees verwys, maar die kennisgewing in die Staatskoerant dui daarop dat sewe parlementêre werksdae nodig is om die wetsontwerp te klassifiseer in terme van hoe dit hanteer moet word. Met die Nasionale Vergadering wat volgende week met verlof gaan, is dit onduidelik of ‘n hofbevel nog vereis sal word om die BTW-verhoging wat teen 1 Mei in werking tree, stop te sit.
Dis onbekend of ’n hofbevel nodig sal wees om die BTW-verhoging te keer. Die hooggeregshof sal op 29 April ’n besluit neem oor DA en EFF se hofaansoek, tensy die DA buite die hof skik.
Bronne: eNCA, EWN, The Citizen
Lees ook: Politieke partye ongelukkig, sê DA neem alleen krediet vir skrap van BTW-verhoging