Enoch Godongwana plaas wetsontwerp in staatskoerant om BTW-verhoging om te keer

Lees ook :

Enoch Godongwana plaas wetsontwerp in staatskoerant om BTW-verhoging om te keer fotokrediet: X

Die minister van finansies, Enoch Godongwana, het die wetsontwerp wat die BTW-verhoging sal omkeer in die Staatskoerant laat plaas.

Lees ook: Politieke partye ongelukkig, sê DA neem alleen krediet vir skrap van BTW-verhoging

Die Wetsontwerp op Belastingkoerse, Bedrae en die Wysiging van Inkomstewette van 2025 is gister (Donderdag) in die Staatskoerant gepubliseer.

Die Parlement het die wetsontwerp na die finansiële komitees verwys, maar die kennisgewing in die Staatskoerant dui daarop dat sewe parlementêre werksdae nodig is om die wetsontwerp te klassifiseer in terme van hoe dit hanteer moet word. Met die Nasionale Vergadering wat volgende week met verlof gaan, is dit onduidelik of ‘n hofbevel nog vereis sal word om die BTW-verhoging wat teen 1 Mei in werking tree, stop te sit.

Dis onbekend of ’n hofbevel nodig sal wees om die BTW-verhoging te keer. Die hooggeregshof sal op 29 April ’n besluit neem oor DA en EFF se hofaansoek, tensy die DA buite die hof skik.

Bronne: eNCA, EWN, The Citizen

Lees ook: Politieke partye ongelukkig, sê DA neem alleen krediet vir skrap van BTW-verhoging

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief