Entrepreneur verhuur stoele aan lang tou by binnelandse sake

Lees ook :

Entrepreneur verhuur stoele aan lang tou by binnelandse sake. Foto: Nhlanhla Simelane Facebook

BELLVILLE, WES-KAAP. – ’n Foto van ’n Kaapstad-inwoner wat ’n geleentheid gesien en dit benut het, doen weer die rondte. Isaac Mpofu het in 2021 stoele aan mense uitverhuur wat in lang toue by Bellville se kantoor vir binnelandse sake staan en wag het. Die foto word gedeel om werkloses aan te moedig om kreatief te begin dink.

Mpofu het hom tot die verhuring gewend in ’n poging om sy destydse studieskuld af te betaal. Hy het ’n BCom-graad in Finansiële Rekeningkunde aan die Universiteit van Wes-Kaapland behaal.

Volgens Nhlanhla Simelane se Facebook-blad waarop die foto weer gedeel is, het Mpofu R10 per stoel gevra. Hy maak dan die somme dat dit moontlik is om tot R30 000 per maand op só ’n manier te verdien indien daar ’n minimum van 150 besoekers daagliks is.

Mpfofu was goed ingerig met ’n trollie waarop die stoele op mekaar gestapel is.

Facebook-gebruikers is van mening dat dit ’n bewys is van sogenaamde swak dienslewering omdat binnelandse sake volgens hulle eintlik aan besoekers sitplek moet verskaf. Ander stem saam dat dit ’n goeie manier is om vir jouself te werk.

Dit is onbekend waar Mpofu homself deesdae bevind.

Foto: Nhlanhla Simelane Facebook

Bron: Nhlanhla Simelane Facebook, My Broadband  

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief