Ernst Roets opgewonde oor hoofstuk ná Solidariteit

Lees ook :

Foto: Ernst Roets

Ernst Roets, die nou voormalige beleidshoof van die Solidariteit Beweging, is opgewonde oor die volgende hoofstuk wat vir hom voorlé nadat hy na twee dekades sy skoene by die instansie opgehang het.

Roets het sy bedanking na 20 jaar in die beweging in ‘n openbare verklaring op sosiale media gedeel. Hy voel hy kan meer vir mense buite Solidariteit doen.

Kallie Kriel, die uitvoerende hoof van AfriForum sê: “Ernst, op ’n persoonlike vlak wil ek jou bedank vir jou rol en harde werk, en vir die groot bydrae wat jy eers by AfriForum en later by die Solidariteit Beweging gemaak het. Jy laat ’n leemte. Ek wens jou en jou wonderlike gesin sterkte en sukses toe op julle toekomspad. Baie dankie vir die goeie wense in jou boodskap aan AfriForum, die Solidariteit Beweging en ons span.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief