Brekende Nuus
Afrikaans

Eskom sal opdatering oor kragstelsel gee

Eskom sal opdatering gee oor kragstelsel

fotokrediet: Canva
Eskom sal opdatering gee oor kragstelsel fotokrediet: Canva

Eskom het gesê beurtkrag is om middernag opgeskort danksy sowat 2015 MW se opwekkingskapasiteit wat teruggekry is, ’n verwagte vermindering in kragvereistes en genoeg noodreserwes.

Lees ook: Eskom stel fase 2-beurtkrag in

Beplande onderhoud sal voortgaan om die stelsel voor te berei vir die winter, om regulasievereistes na te kom en om te verseker omgewingsvereistes word gevolg.

Eskom het gesê hulle span is daaraan toegewy om sowat 6000 MW teen volgende Dinsdag beskikbaar te hê. ’n Opdatering oor die kragstelsel sal uitgereik word indien nodig.

Bronne: Eskom

Lees ook: Eskom stel fase 2-beurtkrag in