OOS-KAAP. – Eskom het ‘n waarskuwing uitgereik vir die moontlikheid van meer kragonderbrekings nadat ‘n vlak 5-weerwaarskuwing deur die weerburo vir die Oos-Kaap uitgereik is.
Skadelike wind, ontwrigtende sneeu en stormvloede is vir die provinsie voorspel.
Die energieverskaffer sê die waarskuwing kom weens die onlangse weersomstandighede wat onderbrekings veroorsaak het. As gevolg van water wat opgedam is en modderpaaie kon sekere areas nie deur Eskom bereik word nie.
Eskom sê die weer wat vir die naweek voorspel word, sal ‘n addisionele las op die reeds besige herstelskedule sit.
Lees die volledige verklaring hier onder: