Familie peusel aan ouma se as

Lees ook :

Familie peusel aan ouma se as. Foto ter illustrasie: Canva

MELBOURNE, AUSTRALIË. – ’n Vrou het onlangs na ’n ontbytprogram in Melbourne ingebel en gebieg dat sy en haar familie al van haar oorlede ouma se as geëet het.

Die vrou genaamd Cheynee is deur die aanbieders van die program gevra of sy enigiets het om tydens hulle Cashfessional-program te bely.

Sy het voortgegaan en vertel haar ouma is in Augustus 2023 oorlede en dat sy veras is. Volgens haar het hulle een aand na haar ma se huis gegaan om haar op te vrolik toe hulle besluit om van die ouma se as te proe.

Hulle het bloot net van die ouma se as in ’n bak gegooi en dit geëet. Sy het haar ma ook uiteindelik oorreed om daarvan te eet.

Die vreemdste gedeelte van die belydenis vir die aanbieders was toe sy vertel hoe sy skelm van die as vir haar broer ook gegee het. Sy het haar ouma se as in pastasous gegooi. Haar broer het onwetend heerlik daaraan gesmul.

Volgens Cheynee peusel sy steeds aan haar ouma se as, aangesien dit haar nader aan haar laat voel. Sy glo dat haar ouma nou vir ewig deur haar sal voortleef.

Bronne: LadBible, The Mirror, Daily Mail

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief