GAUTENG. – Tswhane-distrikshospitaal vra hulp om twee onbekende mans wat in onderskeidelik saal 5 en saal 8 is, se families op te spoor.
Volgens ‘n sosialemediaplasing op die distrikshospitaal se Facebook-blad kan nie een van die twee mans hul eie identiteit, of dié van hulle familielede, of waar hulle vandaan kom, onthou nie.
Enigiemand wat die twee mans herken, word versoek om die maatskaplike werkers by die hospitaal by 012 354 7043 /7753 of 7000 te bel.





