Familie wil oorskot van ‘gesinsgeweld-slagoffer’ van VSA na SA repatrieer

Lees ook :

Foto: BackaBuddy

WES-KAAP. – Die familie van Kim White (32) van Bloubergstrand, wat glo op 25 Mei in ‘n voorval van gesinsgeweld deur haar man verwurg is, wil haar oorskot uit die VSA na Suid-Afrika toe terugbring.

Lauren Delcarme het ‘n skarebefondsingsprofiel oopgemaak en daar is reeds meer as R85 000 van die beoogde R108 000 vir dié doel ingesamel. Die repatriasie is as ‘n ingewikkelde en duur proses beskryf met uitgawes wat onder meer verassing, dokumentasie en internasionale vervoer behels. Die beraamde koste daarvan word op tussen $4,000 en $6,000 geskat. Geld wat met die skarebefondsing bymekaargemaak word sal hiervoor, sowel as vir ‘n gedenkdiens, gebruik word.

“Haar warmte, vriendelikheid en sagte gees het almal geraak wat haar ontmoet het. Elke skenking, ongeag die bedrag, bring ons een stap nader daaraan om vir Kim die waardige afskeid te gee wat sy verdien. Indien jy nie kan skenk nie, vra ons asseblief dat jy die boodskap help versprei,” sê Delcarme.

Volgens Woman For Change het die Kapenaar in 2023 saam met haar man, Alexander Towne (‘n Amerikaanse-burger en militêre veteraan), na die VSA verhuis.

White het glo enkele ure voor haar dood haar vrees met ‘n familielid gedeel, wat aanbeveel het dat sy die polisie bel. ‘n Argument het blykbaar tot White se verwurging gelei, waarna haar man self die polisie van haar dood in kennis gestel het. Hy word tans, sonder borg, vir tweedegraadse moord aangehou. Die egpaar se driejarige kind was glo tydens die moord in die huis. ‘n Beskermingsbevel is in 2024 bekom en die paartjie was vir maande uit mekaar. Hulle het later herenig.

Het jy kommentaar oor die berig? Jy kan nou aan Nuusflits lesersbriewe skryf en dalk word joune gepubliseer. Rig jou brief aan die redakteur by [email protected]

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief