Sedert gisternag om 00:30 het Eskom die Fase 6-beurtkrag na Fase 4 verminder en sê die kragvoorsiener sal vanmiddag (Maandag) ‘n opdatering oor die stand van elektrisiteitsvoorsiening gee. Tydens Fase 6 was die elektrisiteit met tye vir vier uur op ‘n keer af, dit is later na twee uur verminder.
By Majuba-kragstasie is al vyf die eenhede, by Camden-kragstasie twee eenhede en Medupi-kragstasie ‘n eenheid ná herstelwerk terug in werking. Dit beteken agt van 10 eenhede wat onklaar geraak het, is herstel. Die fout by die eenhede is deur Eskom as bloot tegniese probleme bestempel.






