Suid-Afrikaners het vanoggend wakker geword met Fase 6-beurtkrag, wat om 01:30 deur Eskom ingestel is. Die fase sal tot verdere kennisgewing voortduur, met krag wat met tye vir 4 uur op ‘n keer sal af wees.
Eskom sê die maatreël is ingestel omdat verskeie eenhede by Camden-kragstsie uitgeslaan het. Dit is behalwe verskeie eenhede by Majuba-kragstasie en ‘n eenheid by Medupi-kragstasie wat ook reeds buite werking is.
Meer inligting sal om 11:00 beskikbaar gestel word.






