FBI-memorandum beweer Epstein-lys bestaan nie

Lees ook :

FBI memorandum beweer Epstein-lys bestaan nie fotokrediet: X

VSA. – ’n Memorandum van die FBI en departement van justisie het beweer daar is geen sogenaamde Epstein-lys nie en dat daar geen bewyse is dat hy vermoor is nie.

Lees ook: Nog Jeffrey Epstein-dokumente sal vrygestel word

Dit volg nadat die Trump-administrasie die departement en FBI beveel het om ‘n ondersoek te doen oor die bewerings oor ’n kliëntelys, wat Epstein glo gebruik het om mense af te pers of saam te sweer om vrouens aan te rand.

Daar was ook bewerings dat Jeffrey Epstein in die tronk vermoor is, maar volgens die FBI en departement van justisie het Epstein in 2019 in sy tronksel in Manhattan selfdood gepleeg.

Die memorandum is vrygestel nadat Trump en sy administrasie vir maande belowe het om die rekords wat met Epstein geassosieer word, openbaar te maak. Nog geen nuwe rekords is vrygestel nie.

Bronne: The Independent, ABC News, TIME

Lees ook: Nog Jeffrey Epstein-dokumente sal vrygestel word

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief