VSA. – Die prokureur-generaal van die VSA, Pam Bondi, het gesê die volledige Jeffrey Epstein-dokumente sal vrygestel word.
Lees ook: Jeffrey Epstein-hofdokumente moet vrygestel word
Dit volg na Bondi verlede week kritiek op die hals gehaal het met die vrystelling van 200 dokumente – dit het glo nie nuwe inligting of bewerings bevat nie.
Die departement van justisie het toe beweer die FBI het duisende Epstein-dokumente weerhou. Bondi het in ’n brief versoek dat alle dokumente teen Vrydag aan haar oorhandig moet word.
Bondi het gesê die dokumente sal vrygestel word danksy Trump wat die “mees deursigtige president is”.
Bondi het ook belowe om die dokumente oor die moord op president John F Kennedy en dr. Martin Luther King Jr. te laat vrystel.
Bronne: The Independent, US Department of Justice, TIME





