VSA. – Die FBI-direkteur Kash Patel het gesê die FBI ondersoek ‘n man wat naby Charlie Kirk gestaan en handgebare gemaak het voor hy doodgeskiet is.
Lees ook: Aanklaers beweer Charlie Kirk-verdagte het nota vir kamermaat oor moord gelos
Patel het op X gesê hulle ondersoek alle “teorieë en vrae” insluitend of die verdagte, Tyler Robinson, ‘n medepligtige gehad het. Nog niemand anders is in hegtenis geneem vir die moord op Charlie Kirk nie.
Patel het gesê die FBI ondersoek “handgebare wat moontlike seine was naby Kirk voor hy doodgeskiet is”. Die man is in ‘n video gesien met ‘n wit hoed op, waaraan hy geraak het op ‘n soortgelyke wyse wat afrigters gebruik om seine aan spelers te gee.
Bronne: The Independent, Times of India, WND
Lees ook: Aanklaers beweer Charlie Kirk-verdagte het nota vir kamermaat oor moord gelos





