KWAZULU-NATAL. – ‘n Fetus is kort gelede in ‘n sak in JB Marksstraat in Berea in ‘n asblik ontdek.
Garrith Jamieson van ALS Paramedics sê ‘n plaaslike veiligheidsmaatskappy het omstreeks 09:20 oor die fetus in die asblik gebel. Die fetus is op die toneel dood verklaar. Mense wat deur die inhoud van asblikke krap, het op die ontdekking afgekom en owerhede ontbied.
Die polisie ondersoek die insident verder.





